Nuut in die 2020 Atletiek weergawe!
Nuut:
- Beamptes kan geregistreer word, beamptelys gedruk word, en hoofbeampte van item sal op uitslagkaarte verskyn.
- Data se rugsteunlêer kan nou vanuit Joba-Atletiek direk per e-pos na Joba gestuur word indien nodig.
- Spankontrolelyste kan nou direk uit program ge-e-pos word na die spanbestuurder se e-posadres.
- Die spanuitslag kan direk vanuit program ge-e-pos word na spanbestuurder.
- Addisionele opsies om een plekpunt toe te ken vir deelname.
Veranderings:
- JobaResults webblad, waar lewendige uitslae op die web geplaas word, het verskuif en is gemoderniseer.
- Engelse afkortings vir items kan ook op die templaat gebruik word.
- Die databasis se naam verander nou vanaf atletiek.gdb na Joba[lisensiekode].gdb
- Baanlotings is meer vaartbelyn gemaak.
- Atlete per item druk nou baanlotings en inskrywings makliker leesbaar uit.